GPT Logo   25 Jaar van Diensuitnemendheid!

Werksaam in Namibië
Sedert 1998

line

Geo Pollution Technologies (Pty) Ltd



  TUIS AANGAANDE DIENSTE KONTAK SKAKELS PROJEKTE  

"Die Staat moet die welsyn van die mense aktief bevorder en onderhou deur onder andere beleidsrigtings te aanvaar wat die volgende ten doel stel: die instandhouding van ekosisteme, noodsaaklike ekologiese prosesse en biologiese diversiteit van Namibië en die benutting van lewende natuurlike hulpbronne op ’n volhoubare basis tot voordeel van alle Namibiërs, sowel nou as in die toekoms."

- Die Grondwet van Namibë, Artikel 95 (L) -

 

Namibië was een van die eerste lande ter wêreld wat die beskerming van die omgewing by sy grondwet ingesluit het. Daarbenewens is / word 'n aantal wette, beleide, verdrae en ander bindende omgewingsbeskermings ooreenkomste gevestig. Die belangrikste is die Wet op Omgewingsbestuur, wat in 2007 geproklameer is, en die regulasies soos in 2012 in die staatskoerant gepubliseer. Dié wet lê die grondslag vir beskerming, deur die volhoubare bestuur van die omgewing en die gebruik van natuurlike hulpbronne te bevorder, deur beginsels vir be-sluitneming oor aangeleenthede wat die omgewing beiinvloed, te vestig.

Geo Pollution Technologies erken die waarde van die omgewing, nie net vanuit 'n direkte of indirekte gebruik van hulpbronne perspektief nie, maar ook in terme van die intrinsieke waarde van 'n gesonde omgewing en die moontlike toekomstige gebruik van natuurlike hulpbronne. Ons besef egter ook dat dit soms nodig is om 'n kompromie tussen omgewings-beskerming en menslike ontwikkeling te vind. Ons streef dus na 'n omgewing, waar menslike ontwikkeling binne 'n gesonde ekologiese omgewing kan bestaan, terwyl dit voordele vir die hele Namibië bied.

NEWS


© 2023 Geo Pollution Technologies (Pty) Ltd