Geo Pollution Technologies is 'n aard- en
omgewingskonsultasie firma, gevestig in Windhoek,
en werk regdeur Namibië. Geo Pollution Technologies is in 1998
in Namibië geregistreer met 100% Namibiese aandeelhouding as 'n
gelyke geleentheids-onderneming.
Ons hooffokus is omgewingsimpakstudies,
ontwikkeling van omgewingsbestuursplanne en omgewingsouditering,
grondwater-
en seewaterbesoedelingstudies, en die ontwerp en implementering
van herstel- en restorasietegnologieë.
Ons kliëntebasis bestaan uit 'n verskeidenheid
nywerhede, insluitende mynbou, petroleum / petrochemie,
swaar-ingenieurswese, landbou-, regerings- en
nie-regeringsorganisasies en ander konsultasiemaatskappye.
Ons streef daarna om 'n koste-effektiewe diens
aan ons kliënte te lewer deur gebruik te maak van internasionaal
aanvaarde metodes wat professionele gehalte en integriteit
verseker. Ons glo dat dit altyd moontlik is om 'n vreedsame
kompromie tussen ekonomiese ontwikkeling en omgewingsake te
bewerkstellig, en dit kan bewerkstellig word deur 'n deeglike
begrip van beide ons kliënt se behoeftes en die vereistes van
die omgewingsowerhede.
GPT is toegewyd daaraan om gesondheid en
veiligheid in alle aspekte van sy werk te integreer, en om te
verseker dat die omgewing op alle vlakke beskerm word. Ons werk
volgens 'n streng erkende permit in die oliebedryf om stelsels
te werk vir die beskerming van gesondheid, veiligheid en die
omgewing.
|