Grondwaterimpakkwantifisering groundwater impact quantification

Namibië word gekenmerk deur lae en onvoorspelbare reënval. Grondwater is dus 'n uiters belangrike hulpbron met baie dorpe, landelike gemeenskappe en boere wat slegs op hierdie bron vir drinkbare water staatmaak. Besoedeling van grondwater kan hierdie hulpbron onbruikbaar maak, en die vrystelling van potensiële besoedelende stowwe in die omgewing moet ten alle koste voorkom word. Een van die grootste potensiële besoedelaars van grondwater is die mynbedryf, wat op sy beurt beskou word as een van die grootste bydraers tot die bruto binnelandse produk van Namibië.
  

Geo Pollution Technologies spesialiseer in die kwantifisering van potensiële grondwaterimpakte wat uit die mynbou en ander industrieë ontstaan. Ons dienste sluit in kwantifisering van die grondwaterimpak van:

  • Vullishope

  • Oksidasie damme

  • Slikdamme

  • Verdampingsdamme

  • Klip stortings areas

  • Ontwatering van myne

  • Afvalwater en afval van verskeie nywerhede

 

  Groundwater  
  Grondwater data