|
Namibië het 'n kuslyn van 1,570 km wat strek van die
Oranjerivier in die suide tot die Kunenerivier in die noorde. Dit is
een van die belangrikste kenmerke van Namibië, aangesien dit die
belangrike visserye, toerisme, mynbou en akwakultuur-industrieë
ondersteun. Twee hawens, onderskeidelik in Walvisbaai en Lüderitz, bied
'n belangrike skakel vir Namibië en Suider-Afrika met oorsese markte.
Die mensdom se invloed op die oseaan het die potensiaal om hierdie
ekosisteem beduidend te versteur, dus moet die bou van hawens
of die vestiging van myne en ander ontwikkelinge langs die kus met
genoegsame beplanning en sorg
gedoen word. Geo Pollution Technologies het uitgebreide ervaring in die
volgende aspekte wat met die mariene omgewing verband hou:
-
Neem van sedimentmonsters en analise daarvan
-
Neem van watermonsters, ontleding en monitering van
water
-
Bepaling van besoedelingsvlakke in water en sediment vir
baggerwerk
-
Monitering en monsterneming van watergehalte vir
baggerwerk
-
Aktiewe monitering van seewaterkwaliteit
 |
 |
 |
|
Water kwaliteit monitering in die Walvisbaai Strandmeer |
Landherwinning by Walvisbaai |
'n
Krap inspekteer die moniteringssensor |
|