|
Die
“Society of Ecological Restoration” definieer ekologiese herstel as 'n "opsetlike
aktiwiteit wat die herstel van 'n ekosisteem inisieër of versnel ten
opsigte van die gesondheid, integriteit en volhoubaarheid daarvan."
Die hernuwing en herstel van grond na die natuurlike toestand, of
so na as moontlik daaraan, speel 'n groot rol in die bestuur van
myne, nywerhede en ander groot ontwikkelinge. Dit word gedoen deur die
geskiedkundige toestand van die beskadigde gebied te bepaal, gevolg deur
die herstel of rehabilitasie van die gebied.
Daarmee saam is
die implimentering van
behoorlike bestuursaktiwiteite en
monitering belangrik.
- Bepaling van historiese toestande of vergelyking
met verwysingsekosisteme
- Ontwikkel herstelplanne wat uitvoerbaar en
prakties is
- Restorasie bestuur
 |
 |
 |
|
Versteurde area voor herstel werk |
Berging van bolaag grond wat saadbank bevat vir herstel
werk |
Stilstaande water in steengroef gate wat tot grondbesoedeling kan lei |
|