|
Sosio-impakstudies behels die ontleding en bepaling van beplande
en onvoorsiene sosiologiese veranderinge wat as gevolg van projekte mag
ontstaan. Projekte kan die demografiese profiel van n gemeenskap
beinvloed en ook kulturele, morele en aanvaarde praktyke voorskryf,
uitdaag of ontbind. Sulke veranderinge kan positiewe en/of negatiewe
impakte te weeg bring op individue of gemeenskappe. Daarvolgens word
intervensies voorgestel wat daarop gemik is om die negatiewe impakte te
bestuur en te verminder, terwyl positiewe impakte versterk word. Die
primêre doel van die studie is om die kulturele, sosiale en demografiese
prosesses van ‘n gemeenskap te analiseer sodat volhoubare maatreëls
bepaal mag word. Sulke maatreëls kan dan deel word van enige projek ten
doel van volhoubare sosiale en biofisiese ontwikkeling.
Geo Pollution Technologies bied die volgende dienste aan
wat verband hou met sosiologiese impakstudies:
- Bepaling van demografiese en kulturele
gemeenskaps profiel
- Bepaling van sosiologiese impakte
- Bepaling en ontwikkeling van hervestigings
programme
- Konsultasie en kommunikasie met
tradisionele owerhede
- Gemeenskaps peiling rakende beplande
projekte
- Opstel van sisteme wat gemeenskaps griewe
addresseer
- Monitering van projek intervensies
- Gemeenskap skakeling en inligting
verspreidings/fasilitering
 |
 |
|
Veldwerk: Skool besoek as deel van sosio-impakstudie |
|
Veldwerk: Geslags sensitiewe vergadering |
|