|
Namibië is Afrika se droogste land suid van die Sahara.
Water word dus as een van die belangrikste natuurlike
hulpbronne beskou. Die hoofstad, Windhoek, is op die voorpunt van
tegnologie in terme van die herwinning van
huishoudelike afvalwater vir menslike gebruik. Daarbenewens is 'n kunsmatige grondwater
aanvullings program
daarop gemik om volhoubaarheid van grondwater te verseker.
Met meer as twee dekades ervaring in
watervoorsieningstudies, sluit Geo Pollution Technologies se dienste die
volgende in:
-
Landelike en stedelike watervoorsiening
-
Professionele, wetenskaplike
metodes vir bepaling waar die beste kanse is vir suksesvolle
boorgate
-
Boorgatontwerp en konstruksie
-
Boorgat- en akwifeertoetse
-
Bestuur van grondwaterbronne
-
Kunsmatige grondwater aanvulling en die
bepaling en kwantifisering daarvan
 |
 |
 |
|
Geofisika |
Boorgat pomp toets |
Boormasjien in aksie |
|